Terme & Voorwaardes
Hoe werk die platform?
Verkopers stuur aan NWWT die foto, beskrywing van en waar die dier tans is asook die dier se verwagte prys.
Al die inligting word dan saamgevat in 'n elektroniese katalogus wat op al NWWT se elektroniese platforms beskikbaar sal wees.
U as potensiële koper gaan dan deur die lotte, en indien u die prys op 'n bepaalde lot aanvaarbaar vind, kontak asseblief NWWT per telefoon of Whatsapp en bevestig dat u die lot wil koop.
Die lot sal dan as verkoop ge-ag word deur NWWT.
U sal dan gekontak word om die nodige dokumentasie te voltooi om die koop te bekragtig.
Die koper se inligting sal dan aan die verkoper gestuur word en die lewering word dan verder deur die betrokke 2 partye gefinaliseer.
Voordeel van die sisteem
Die prys wat u sien is die prys wat u betaal.
Neem kennis: BTW, versekering en vervoer uitgesluit by die prys op NWWT se platform.
U hoef nie elke keer terug te gaan om u aanbod te verhoog op 'n lot nie - m.a.w. dus nie 'n elektroniese veiling nie.
Die verkoper kan dan makliker beplan want hy weet hy het reeds verkope op sy diere vir lewering na die grendeltyd.
Beplanning met betrekking tot kostes word vergemaklik agv die koopbewys wat die verkoper in hand het (na grendeltyd).
Daar is geen risiko vir beide partye. (Indien lewering nie kan plaasvind as gevolge van welke rede.)
Wat moet u as Verkoper doen?
Kontak NWWT indien u meer inligting wil verkry of stuur u inligting aan na [email protected] of per WhatsApp na 083 380 1890.
NWWT gee om vir u as wildboer, neem die geleentheid dan met ope arms aan.
